
Die
Shangri La woonstelblok (foto hierbo) bied aan u bekostigbare Vakansie akkomodasie
wat 'n lus vir die oog (en hart) is.
(Nuut - Ons het nou ook woonstelle by "Warner Beach")
Die veilige, naby en baie lekker swemstrande (2 van hulle) het 'n lewensredders klub wat deur die vakansietye deur proffesionele lewensredders beman word.
Hier Links is 'n satellietfoto van waar Shangri La gelee is.
Klik op die Foto om 'n GROTER foto te sien.
(Dit mag dalk stadig aflaai oor 'n gewone lyn maar die wag is die moeite werd!
Shangri La is 'n skamele 2km weg van Amanzimtoti, wat beteken dat dit naby genoeg is as u lus is vir die jol en die straatwinkeltjies, maar ver genoeg dat die geraas en gemaal wat gepaard gaan met besige vakansie tye baie ver van u blyplek en strand is.
Om te kan deel in hierdie wonderlike ervaring, of dit nou kort- of langtermyn is, skakel Salie Beukes by (082-821-2601) so spoedig moontlik. 'n Epos adres is beskikbaar, maar Salie verkies dat u hom direk skakel om te bespreek sodat hy u dadelik 'n antwoord kan gee.
Vir internasionale mense is die nommer + 27 82-821-2601.
Aan die linkerkant is 'n paar skakels na woonstelle wat deur Salie verhuur word. Dit is slegs 'n paar van die wat hy bestuur. (i.e. Hy het nog ander ook.)
Bespreek tog lank vooruit sodat u nie teleurgestel word nie, want die woonstelle is selde leeg.
Onthou sy direkte selfoonnommer: (082-821-2601).
Buiten die wonderlike swemstrand, getypoel en sonbrand-strande, bied Shangri La ook "kite/windsurfing", visvang, perdry en golf in die omgewing.
Vir die avontuurlustige is daar Amanzimtoti met sy wye verskeidenheid van restaurante, nagklubs, inkopiesentrums en vele ontspannings geriewe vir die besige vakansieganger.
Maar vir die rustiger persoon wat nie die gemaal en getrap van die meer bekende strande soek nie, is daar ons eie Doonside en Warnerbeach strande wat selfs in die besigste kers en paasnaweek vakansie tye steeds die rustigheid bied waar u genoeg mense het om dit lekker te maak, maar min genoeg om dit veilig te maak. . Shangri La bied ontspannings fasiliteite soos braai geriewe en swembad fasiliteite wat slegs vir die inwoners beskikbaar is, i.e. dit is 'n veilige plek om u kinders te laat speel sonder vrees vir vreemdes van buite.
"Shangrila Holiday Flats" is 'n bekostigbare en eksklusiewe vakansie plek. Dit is heelwat goedkoper as die hoofstroom vakansieplekke. Nie omdat dit minderwaardig is nie, maar omdat dit deur eienaars bedryf word wat nie ingestel is op die winsbejag van die algemene vakansie industrie nie.
Shangri La sal u nie teleurstel nie. Kom swem, rus, ontspan, en geniet u vakansie by hierdie paradys op die Natalse strand.